1. Begin met die pap Bring die water, sout en rissiepoeier tot kookpunt en klits die mieliemeel by tot glad. Draai die hitte af tot laag, sit die deksel op en laat stoom oor lae hitte vir sowat 20 minute. Roer af en toe om te keer dat dit aanbrand. Handelsmerke verskil; voeg ’n ekstra skeut water by indien nodig. Die pap moet dik, maar nog roerbaar wees.

2. Roer die mieliepitte, ham, kaas en grasuie by die gaar pap tot gemeng, en proe vir sout en peper. Laat afkoel tot hanteerbaar en rol in 36 ewe groot balletjies.

3. Doop die balletjies in die eier en dan in die broodkrummels. Sit dit vir sowat 20 minute in die yskas sodat die krummellagie goed kan vassit.

4. Diepbraai nou die balletjies tot goudbruin en dreineer op kombuispapier. Druk ’n mooi peuselstokkie in elkeen, rangskik op ’n dienbord en sit voor met mosterd, crème fraîche of srirachasous om dit in te doop.