Genoeg vir 4 porsies

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

• 400 g fusillipasta

• 250 g swoerdlose spek, gekap

• 250 ml ertjies

• 250 g ricottakaas (of roomkaas)

• 30 ml vars suurlemoensap

• sowat 125 ml mentblare en ertjielote, grofgekap

• gerasperde parmesaankaas vir opdiening

1 Kook die pasta in soutwater tot al dente; dreineer.

2 Braai die spek in ’n braaipan tot bros (voeg ’n skeutjie olie by indien nodig). Voeg die ertjies by en roerbraai tot gaar. Roer die ricotta, suurlemoensap, mentblare en ertjielote by, geur met sout en swartpeper en meng dit deur die gaar pasta. Sprinkel die gerasperde parmesaan oor en sit voor.