Oondtemperatuur: 200 °C

Braai die spek tot bros sonder om enige ekstra olie by te voeg. Skep uit en hou eenkant. Braai die sampioene in die spekvetjies tot mooi bruin. Skep uit by die spek. Verhit nou die botter in die pan en braai die ui en knoffel tot glansend.

2 Haal die pan van die hitte af en klits die meel by die bottermengsel. Braai vir 30 sekondes. Haal weer van die hitte af en klits nou die melk geleidelik by soos wat jy witsous maak. Sit die pan terug op die hitte en laat kook vir 3 minute terwyl jy roer. Klits die room, mosterd, sout, peper en neutmuskaat by.

Voorverhit die oond. Meng die sous, eiergele, cheddar, spek en sampioene deur die pasta en skep in ’n oondvaste bak. Strooi die tjips en parmesaankaas oor en bak vir so 20 minute tot die kaas bruin en gesmelt is. Al wat nou kort, is die brood, botter, goeie geselskap en heerlike wyn.