1 Voorverhit die oond tot 160 °C en voer ’n bakplaat uit met bakpapier. Trek met ’n potlood ’n sirkel, 23 cm in deursnee, op die agterkant van die papier.

2 Gebruik ’n elektriese klitser en klits die eierwitte, kremetart en sout saam in ’n groot mengbak totdat dit sagte punte vorm. Voeg nou die suiker geleidelik by − hoogstens ’n eetlepel op ’n slag. Teen die tyd dat al die strooisuiker bygevoeg is, behoort dit dik en glansend te wees. Klits laaste die suurlemoensap, mielieblom en vanielje by tot net gemeng.

3 Gebruik ’n lepel of spuitsak en vorm ’n meringue-sirkel op die voorbereide bakplaat. Bou nou die buiterand op met lepels vol meringue sodat dit hoog genoeg is om die vulsel binne te hou. Sit dit in die oond en draai dadelik die temperatuur af na 120 °C; bak die meringue vir 1 uur en 15 minute. Skakel die oond af en laat die meringue in die oond afkoel.

4 Klits die room vir die vulsel tot styf. Klits die karamel en gesmelte sjokolade saam tot goed gemeng en vou die room daarby in. Giet die roommengsel in die meringue-dop, versier dit met bessies en ment en laat dit minstens ’n uur in die yskas stol om seker te maak die vulsel is ferm voor jy dit voorsit.