Ons het Packham-pere gekies omdat dié kultivar lekker ferm is en ’n goeie suurgehalte het; indien jy ’n sagter peer gebruik, kan die baktyd korter wees.

1. Vir die deeg Pols die meel, sout en botter saam in ’n voedselverwerker totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die suiker en dan die eiergele by, en pols tot gemeng. Draai die deeg in kleefplastiek toe en laat rus dit vir minstens ’n uur in die yskas.

2. Voorverhit die oond tot 180 °C. Rol die deeg uit en voer ’n 30 cm-quiche-pan daarmee uit. Bedek die deeg met ’n sirkel bakpapier en ’n laag droë bone bo-op. Bak blind vir 15–20 minute tot bruin. Haal die tertdop uit die oond (bêre die papier en bone vir ’n volgende keer) en laat dit afkoel voor jy die vulsel inskep.

3. Maak die vulsel Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die amandels by en meng. Klits nou die eiers een vir een in.

4. Verlaag die oondtemperatuur na 150°C. Strooi ’n dun laag van die amandelmengsel oor die bodem van die tertdop. Skil, halveer en ontkern die pere. Pak dit met die oop kant na onder in die tertdop, bo-op die amandels. Versprei die res van die amandelmengsel oor die pere. Dit gaan oor en tussen die peerstukke insmelt, daarom hoef jy nie elke holtetjie te probeer vul nie. Plaas die tertpan op ’n oondpan om jou oond skoon te hou, want die amandelvulsel kan oor die rand drup. Bak vir 40 minute of tot die pere sag en die bokant goudbruin is. Sif ’n bietjie versiersuiker liggies oor en sit voor met mascarpone of crème fraîche.