Oondtemperatuur: rooster

1 Voorverhit die roosterelement. Plaas die soetrissies vir die sous op ’n bakplaat en rooster; draai gereeld om totdat die skil swart en los van die vlees is. Laat stoom dit dan in ’n bak met ’n deksel tot afgekoel en hanteerbaar. Sit die tamaties op dieselfde bakplaat, besprinkel met olyfolie en strooi sout en peper oor; rooster totdat hulle begin rimpel en bars. Hou eenkant.

2 Trek die soetrissies se gebrande velletjies af en gooi weg. Ontpit en verwerk die vlees (met al die sappe) saam met die res van die sousbestanddele in ’n voedselverwerker tot ’n growwe sous. Geur met sout en peper.

3 Verwyder die derm van die worsies en vorm die vleis in happiegroot frikkadelle. Verhit ’n skeutjie olyfolie in ’n pan en braai die happies tot goudbruin oraloor. Kook terselfdertyd die pasta in soutwater tot al dente. Sodra die worsies mooi kleur het, skep die soetrissiesous daarby en verhit tot deurwarm. Dreineer die gaar pasta en meng deur die warm sous. Verdun die sous met ’n bietjie pastawater as jy dink dis nodig.

4 Sit die pasta voor met die geroosterde tamaties, ’n ekstra strooisel neute, kaas en ’n paar vars basilieblare.