1 Ryg die steurgarnale op 6 stokkies – dit maak die gaarmaak en voorsit baie makliker.

2 Maak die sous Braai die knoffel stadig in die botter vir ’n halfminuut. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot effens verdik. Hou eenkant.

3 Braai nou die steurgarnale oor matige kole of in ’n riffelpan tot net-net gaar en blosend pienk. Bedruip mildelik met die sous en sit voor met gestoomde rys, suurlemoenwiggies en vars Portugese broodrolletjies.

Pst! Maak die gereg voedsamer deur gebraaide sampioene en ertjies deur die rys te roer voor jy dit saam met die garnaalstokkies voorsit.