Lewer 6 – 8 porsies

  • 1 rooi soetrissie
  • 1 geel of oranje soetrissie
  • 15 ml (1 e) Westfalia Lemon Flavoured Avocado Oil
  • 15 ml (1 e) balsemiek- of rooiwynasyn
  • 5 ml (1 t) gekapte vars origanum
  • sout en peper na smaak

Om voor te sit

  • 2 x 200 g bakkies Westfalia Plain Guacamole
  • 180-200 ml ongegeurde dubbelroom jogurt
  • ekstra vars origanumblare

1. Voorverhit die oond tot 200 °C en skakel dan die oondelement aan.

2. Plaas die heel soetrissies op ’n bakplaat en rooster onder die element tot die skilletjies begin swart word en dit blase vorm (dit neem sowat 5 tot 10 minute).

3. Sit die warm soetrissies in ’n bak en bedek met ’n bord – dit laat die soetrissies stoom en maak dit makliker om die skilletjies af te trek. Laat dit afkoel en skil dan af. Verwyder die pitte en sny die soetrissies in repies.

4. Meng die avokado-olie, asyn en origanum saam in ’n bakkie. Geur na smaak en meng die soetrissierepies deur die oliemengsel. Laat vir sowat 30 tot 60 minute marineer.

5. Om voor te sit: Skep die guacamole in individuele glasflessies of bakkies. Skep lepelsvol jogurt en soetrissierepies bo-op. Bedruip met van die olie-marinade en garneer met vars origanum.

6. Sit die heerlike doopsous met vars groente en seisoensvrugte voor. Of smeer ’n lekker dik laag op vars skywe Franse brood.

Wenk: Gebruik glasfessies of klein glasies om die doopsous in lae voor te sit. Bedek met ’n deksel of kleefplastiek en maak dit deel van ’n piekniekete.

Westfalia Guacamole, só romerig & gerieflik

Elke bakkie Westfalia guacamole bevat omtrent twee ryp Hass avokado’s – propvol voedsaamheid, net soos vars avokado’s. Die vrugte word met die hand uitgeskep, wat ’n smullekker tekstuur en stukkies avokado oplewer. Westfalia gebruik gesofistikeerde tegnologie om voedselveiligheid, -higiëne en natuurlik produkte van die hoogste gehalte te verseker. ’n Spesiale produksieproses, HPP (high-pressure processing) lewer ’n produk met ’n vars smaak, sonder dat onnatuurlike preserveermiddels of ander byvoegings nodig is.

Die guacamoles is Halaal en Kosher gesertifiseer en perfek vir vegetariërs en veganiste. Jy moet erken – mens verwag niks minder as net die beste van die #AVOEXPERTS nie. Kies enige van die drie geure in die reeks: Plain, Spicy of Sweet Chilli Salsa. Gebruik as ’n doopsous met groente, smeer dit op roosterbrood of ’n gourmet-toebroodjie – dis só gerieflik. En dis ewe lekker om frikadelle, repies hoender of geroosterde groente in dié avokado-lekkerte te doop. Heerlik!

Lees meer oor Westfalia.