Oondtemperatuur: 200 °C

1 Rol die deeg in ’n reghoek, 1 cm dik, en sny dit in 12 ewe groot blokke.

2 Smeer ’n klein lepel pesto op elke broodblok, gevolg deur ’n bietjie hoender en kaas. Vou die deegblokke nou een vir een toe oor die vulsel, knyp die naat toe en rangskik die blokkies met die naatkant na onder in ’n gesmeerde oondbak. Laat die broodjies op ’n warm plek rys (omdat die deeg so dun is, verdubbel die brood nie heeltemal in volume nie, maar dit sal beslis meer pofferig lyk).

3 Voorverhit die oond. Verf die broodjies met ’n bietjie melk, strooi die sesamsaad of dukkah oor en bak vir sowat 25 minute of tot die brood goudbruin en gaar is.