1. Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en soteer die uie oor matige hitte tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel by en roerbraai dit nog ’n minuut.

2. Voeg die res van die bestanddele by en geur. Laat dit kook, verlaag die hitte en prut dit met die deksel skuins op vir sowat 45 minute of totdat die sous dik en geurig afgekook is. Verpulp die sous met ’n staafmenger. Bottel die warm sous in gesteriliseerde flesse óf laat dit afkoel en vries dit in geskikte houers. 

Bak ’n pizza

Smeer die tamatiesous bo-op uitgerolde pizzadeeg. (Maak die deeg self, of koop brooddeeg by die supermark en rol dit so dun moontlik uit.) Sprinkel gerasperde mozzarella oor, gevolg deur bestanddele van jou keuse. Ons het salami, soetrissies, sampioene en feta gebruik. Bak dit vir sowat 15-20 minute in ’n voorverhitte oond teen 200°C op die onderste rak van die oond.