1 Meng die roomkaas en feta en skep dit in die jalapeño’s. Sit die rissies twee-twee op mekaar om vier hele “poppers” te vorm. 

2 Sny met ’n skerp messie ’n gleuf in elke hoenderborsie en kap die vleis tot effens dunner. Sit ’n gevulde rissie in elkeen en draai dan twee repe spek om elke borsie sodat dit ’n netjiese rolletjie vorm; hou die rolletjies toe met tandestokkies indien nodig.

3 Verhit die olie in ’n dikboompan en braai die rolletjies stadig tot oraloor goudbruin. Giet ’n skeut water in die pan, sit die deksel op en laat stoom die hoender ’n paar minute. Haal die deksel af, verf die vleis oraloor met die braaisous en braai tot glansend en deurgaar. 

4 Laat rus die vleis ’n paar minute, verwyder die tandestokkies en sny die borsies versigtig in skyfies sodat die vulsel mooi wys. Sit die skyfies voor met guacamole, tamatieslaai, suurroom en blaarslaai, toegevou in tortillas of op ’n kapplank as voorgereg by ’n braai.