1 Maak die sous Rooster die soet- en groot brandrissies onder jou oond se rooster- element tot oraloor swart en vol blasies. Sit dit dan in ’n bak met ’n deksel en laat sweet vir ’n paar minute. Trek die gebrande skille af. Ontpit die soetrissies, sny in kleiner stukkies en sit dit saam met die res van die sousbestanddele, behalwe die knoffel, in ’n klein kastrol. Maak fyn met ’n staafmenger, roer die knoffel by en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en laat prut vir nog so 20 minute tot geurig en dik. Geur na smaak met sout en peper en ’n ekstra skeut asyn vir woema. Laat afkoel.

2 Vlek die hoenderborsfilette effens oop deur met ’n skerp mes ’n insnyding in die dikste deel van die vleis te maak en die vleis oop te vou. Kap die filette dan met ’n vleishamer effens platter sodat dit meer eweredig gaar word.

Sit die “platannas” in ’n plat bak en verf die vleis mildelik oraloor met die sous. Marineer vir sowat 30 minute.

Braai die hoender vinnig oor warm kole of in ’n warm pan en bedruip deurgaans met nog sous. Geur na smaak met sout en peper.5 Om voor te sit, stapel die gaar hoender, tamaties en blare op die vars rolletjies en smul dadelik.