1 Meng die bevrore vrugte, suiker en sout in ’n middelslag-kastrol en verhit stadig. Omdat die vrugte gevries is, neem dit ’n tydjie voor daar genoeg vog is dat die suiker nie sal skroei nie.

2 Sodra die vrugte begin kook, verlaag die hitte en laat prut sowat 5 minute. Gebruik ’n staafmenger of aartappeldrukker om die vrugte in stukkies te breek of ’n gladder tekstuur te kry, of vryf die gladde sous deur ’n sif as jy geen pitte en skille daarin wil hê nie – ek verkies dit met ’n bietjie tekstuur.

3 Verwyder van die hitte en roer die asyn by. Laat afkoel.

Wenke:

  • Die balsemiekasyn komplementeer bogenoemde vrugtemengsel. Vervang dit gerus met lemoensap, varsgerasperde gemmer, kaneel, vanielje, suurlemoen of varskruie om te pas by die vrugtegeure wat jy gebruik.
  • Ons het die sous saam met meringue-nessies en roomys voorgesit – ’n maklike“Eton mess”. Hou die meringue-nessies netjies of breek dit in stukke.