1. Sny die pynappelskille in stukke en gooi dit in ’n 9-liter-emmer. Voeg sowat 1kg suiker by, maar jy kan ook meer of minder gebruik as jy dit verkies.

2. Vul die emmer tot bo met water, gooi ’n gaasdoek oor en laat staan dit vir sowat twee dae tot skuimerig. 

3. Sodra dit ’n lekker byt het, is dit reg. Hoe langer jy dit laat staan, hoe sterker word dit. Meer suiker sal dit vinniger gereed – en sterker! – maak.

4. Skep die skille uit en gooi dit weg. As die haartjies jou pla, syg die bier deur ’n doek om dit te verwyder. Giet die bier in bottels en bêre dit in die yskas – jy kan dit sowat ’n maand in die yskas hou. 

Let wel Moet nooit die bottels buite die yskas hou nie, want die bier sal verder gis en kan ontplof.