25 minute
6
5–10 minute
Bestanddele
- 1 gaar hoender
- 2 uie, gekap
- 5 ml olie
- 1 knoffelhuisie, gekap
- 1 brandrissie, ontpit en gekap
- 3 ml elk fyn komyn, koljander en paprika
- 65 ml blatjang
- 30 ml tamatiesous
- 6 sesamrolletjies
- bros slaaiblare
- avokadoskyfies, met suurlemoen gesprinkel
- agurkies, gesny
Metode

1. Vlok die hoender en verwyder die vel en bene.
2. Braai die uie stadig in die olie tot glansend. Voeg die knoffel, rissie en speserye by en braai vir nog ’n paar minute. Roer nou die blatjang, tamatiesous en ’n bietjie water by en roer vir ’n minuut of twee tot lekker dik. Roer die uiesous deur die hoender en geur met sout en peper na smaak.
3. Sny die rolletjies oop en rooster hulle vlugtig in ’n droë pan (voeg ’n klontjie botter by as jy hou van ’n gesmeerde broodjie). Sit ’n paar slaaiblare op die onderste helfte, skep ’n ruim lepel hoender bo-op en rond af met avokado- en agurkieskyfies.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET