Oondtemperatuur: 220 °C en 160 °C

1. Voorverhit die roosterelement. Berei die vulsel deur die broodblokkies, vars kruie en olie te meng en dit saam te rooster tot die broodblokkies bros is. Meng dit dan met die varkworsievleis en bosbessies. Draai die oond af na 220 °C.

2. Sit die stuk varkvleis, vetkant na onder, op jou werkblad neer en vlek die vleis effens oop. Geur met sout en peper en versprei dan die vulsel in ’n eweredige laag oor die hele oppervlak. Rol die vleis versigtig oor die vulsel totdat dit weer ’n mooi vorm het en plaas dit met die vetkant na bo in ’n oondbak.

3. Gebruik ’n vlymskerp vlytmessie en sny die vel in ’n ruitpatroon of lyntjies (ons het ’n stervorm gesny). Druk droog met kombuispapier en vryf die vel in met die sout en speserye. Bak die vleisstuk vir sowat 30 minute teen die hoë temperatuur om die krakeling aan die gang te kry.

4. Draai die temperatuur af na 160 °C, voeg die gemmerbier, asyn en uie by en bedek die bak met ’n dubbellaag foelie. Rooster nou vir 4 tot 5 uur tot smelt-in-die-mond-sag en geurig. Wees gewaarsku, die balsemiekasyn gee die krakeling ’n donkerder voorkoms as dit daarmee bedruip word.

5. Oordeel of jou krakeling bros genoeg is; indien nie, span jou roosterelement versigtig in. Skep die vleis op ’n mooi dienbord. Brosgebraaide wortels, patat en appelringe rond die vark lieflik af. Skep die vet uit die pansous en jy het ’n heerlike vleissous om daarmee saam te bedien.