Risotto met lentegroente

Risotto is ’n maklike voor- óf hoofgereg – die hoofbestanddele is rys en geduld.

Genoeg vir: 4–6 porsies

Bereidingstyd: 50–60 minute

Bestanddele:

• 125 g aspersies

• 125 g vars ertjies, uitgedop

• 30 ml olyfolie

• 30 g botter

• 1 ui, fyngekap

• 1 bossie sprietuie, gekap

• 2 knoffelhuisies, gekneus

• 250 g arborio-rys

• 150 ml witwyn

• 700 ml goeie groente- of hoenderaftreksel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 120 g parmesaankaas, gerasper

1 Blansjeer die aspersies en ertjies vir 1 minuut in kookwater en dreineer. Spoel dit af onder koue water in ’n vergiettes om die kookproses te stop. Sny die aspersies in kleiner stukkies en hou dit eenkant saam met die ertjies.

2 Verhit die olyfolie en botter in ’n groot, diep kastrol. Braai die uie en sprietuie tot sag. Voeg die knoffel by en roerbraai vir sowat ’n minuut of twee. Voeg die rys by en roerbraai vir nog sowat 5 minute.

3 Gooi die wyn oor en laat dit stadig kook totdat alles deur die rys geabsorbeer is. Bring intussen die aftreksel tot kookpunt in ’n ander kastrol en hou dit warm oor lae hitte.

4 Skep die aftreksel lepel vir lepel by die rysmengsel en roer goed ná elke byvoeging. Voeg die groente by wanneer bykans al die aftreksel bygevoeg is en die rys ’n klewerige voorkoms het; voeg ook nog ’n bietjie aftreksel by, indien nodig. As jy wil, kan jy nog ’n blokkie botter of twee byroer. Roer deur vir sowat 2 minute. Geur na smaak met sout en swartpeper en verwyder van die hitte. Meng die parmesaankaas by en sit dadelik voor.

0912FOkos-11MOBI

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees