1 Maak die beslag Klits al die bestanddele saam tot glad en laat dit vir 20 minute rus terwyl jy die groente berei.

2 Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die spek tot bros. Skep uit en braai die groente tot geurig. Geur met sout en peper na smaak. Skep uit en hou eenkant.

3 Verhit ’n 25 cm-dunboom-pannekoekpan en smeer die bodem met ’n bietjie olie. Skep die helfte van die groente en spek in die pan, asook die helfte van die steurgarnale. Skep die helfte van die beslag bo-op en sprei dit egalig uit. Sit die deksel op en braai vir ’n paar minute oor matige hitte.

4 Keer die wafel om (sien wenk) en braai die onderkant verder tot deurgaar. Herhaal vir die tweede pannekoek.

Wenk
Vir die omkeerslag help dit om ’n ekstra pan van dieselfde grootte te hê. Sit eenvoudig die nuwe pan (gesmeer) onderstebo oor die pannekoek en keer die spul in ’n egalige beweging om sodat die rou kant na onder in die nuwe pan lê. Braai nou die onderkant.