1 Meng die hoenderstukke met die olyfolie en geur met sout en peper. Smelt die botter in ’n dikboompan en braai die hoenderstukke goed bruin. Skep uit en braai die uitjies en heel knoffelhuisies  in die geurige olie tot hulle lekker kleur kry (sowat 5 minute). Roer die brandewyn by en skraap enige brandseltjies op die bodem van die pan los terwyl dit indamp.

2 Giet die witwyn by en skep die hoenderstukke terug in die pan saam met die olywe en lourierblare. Bring tot kookpunt, draai dan die hitte af tot laag en laat die vloeistof met die helfte indamp. Giet die room by en laat prut, onbedek, vir nog sowat 30 minute of tot die hoender smeltsag en die sous geurig is. Sit voor met rys of kapokaartappels.

Wenk Dompel die uitjies in kookwater en laat effens afkoel voor jy dit skil, dan is dit baie makliker.