1. Spuit die holtes van 12 silikoonkransvormpies met kleefwerende sproei. Los die suiker in die water op en bring tot kookpunt. Laat kook sonder om te roer totdat dit die kleur van heuning kry. Haal van die hitte af en giet die karamelstroop op ’n vel bakpapier op ’n bakplaat uit en laat dit hard word.

2. Breek dan die harde karamel in splinters en strooi die helfte onderin die vormpies. Meng die res van die splinters met die roomys en Ideal Milk en skep in die vorms. Sit in die vrieskas tot hard.

3. Om voor te sit, pak die uitgedopte roomyskranse, goue perskes, skuimpies en koekies op aparte dienborde sodat gaste hulself kan help (of skep dit klaar saam in bakkies) en sit die oorblywende Ideal Milk in ’n bekertjie by vir skink – die perfekte somerpoeding!