Tegnies is dié ’n kitsbroodjie – g’n gewag vir gis om te rys, afknie of gekompliseerde metodes nie – so jy’t geen verskoning nie. Meng en bak!

Oondtemperatuur: 180°C 

1. Giet die kookwater oor die droëvrugte en laat staan tot dit kamertemperatuur bereik. Spuit twee broodpannetjies met kleefwerende kossproei en voer die bodems met bakpapier uit.

2. Voorverhit die oond. Sif die meel, bakpoeier, sout en suiker saam in ’n groot mengbak. Giet die olie en geweekte droëvrugte en vloeistof by en meng tot ’n dik beslag vorm. Verdeel die beslag tussen die pannetjies en bak tot goudbruin en deurgaar. Laat afkoel op ’n draadrakkie.