1. Giet die rum oor die rosyntjies en laat staan dit vir minstens 1 uur sodat die rosyntjies die rum kan absorbeer (oornag is nog beter).

2. Voorverhit die oond tot 160 °C en voer ’n broodpannetjie uit met bakpapier. Smelt die sjokolade en botter saam tot glad en laat effens afkoel. Klits die meel en eiers saam tot goed gemeng. Roer die sjokolademengsel en die rosyntjies by die eiers tot gemeng en giet in die voorbereide pannetjie. Plaas die pannetjie in ’n groter oondbak en vul die oondbak met lou water tot halfpad teen die kante van die pannetjie. Bak vir 1 uur en 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek effens afkoel voor jy dit uitkeer.