1. Maak die pannekoekbeslag deur al die bestanddele saam te klits tot glad. Bedek en laat rus in die yskas vir 1 uur.

2. Smeer ’n 20cm-pannekoekpan met olie of gebruik kleefwerende kossproei. Skep ’n bietjie van die beslag in die pan en kantel dit totdat die bodem met beslag bedek is. Wees versigtig vir te veel beslag, anders is die pannekoeke te dik. Bak nou elke pannekoek vir ’n minuut of tot dit goudkleurig raak aan die onderkant. Belangrik Moenie omdraai nie. Skep uit met ’n spaan en herhaal tot al die beslag gebruik is. 

3. Meng die roomkaas, room, eiergeel, ui en suurlemoen vir die vulsel. Skep ’n lepel vol in die middel van elke pannekoek se gebraaide kant en vou toe soos ’n koevert 

4. Verhit ’n skeut olie en botter in ’n dikboompan en braai die pakkies oor matige hitte tot goudbruin en lekker bros aan albei kante. Sit op ’n mooi bord en versier met gerooktesalm-linte, kappertjieblomme en ekstra suurlemoenwiggies.

Variasie
Vir ’n soet weergawe, vul die pannekoekies met 250g roomkaas waarby ’n eiergeel, ’n bietjie versiersuiker en ’n paar druppels suurlemoensap en -skil geklop is. Sit die gebraaide pakkies voor met vars suurlemoenwiggies en ’n strooisel ekstra versiersuiker.