Genoeg vir: 8 porsies
Bereidingstyd: 20 minute

  • 2 x 118 g-blikke pienk salm in pekel, gedreineer
  • 75 ml mayonnaise
  • 75 ml roomkaas
  • sap van een suurlemoen
  • 45 ml gekapte Italiaanse pietersielie
  • 6 sprietuie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4-6 radyse, dungesny
  • melbaroosterbrood om voor te sit

1. Verwyder enige vel en grate uit die salm en vlok dit grofweg. Meng die salm met die res van die bestanddele, behalwe die radyse, en geur dit na smaak (voeg nog suurlemoensap by, indien nodig). Skep dit in ’n geskikte pateebakkie en plaas dit in die yskas tot nodig.

2. Om voor te sit Rangskik die radyse langsaan of bo-op die patee. Pak die melbaroosterbrood rondom die patee op ’n mooi skinkbord en sit voor.

Wynvoorstel:  Skop die aand op ’n hoë noot af met jou gunsteling-MCC-vonkelwyn.