1 Maak die deeg Meng die meel, sout en kruie in ’n groot mengbak. Vryf nou met jou vingerpunte die botter by die meel in totdat dit soos growwe broodkrummels lyk (of pols dit in jou voedselverwerker). Voeg die eiergeel en genoeg yswater by om die deeg bymekaar te bring en knie in die mengbak totdat die deeg bymekaarkom. Keer uit op ’n skoon werkvlak en knie flink tot mooi glad. Vorm die deeg in ’n plat skyf, bedek met waspapier en laat rus dit in die yskas  vir 30 minute.

2 Voorverhit die oond tot 180°C. Haal die deeg uit die waspapier en sit dit op ’n groot vel bakpapier neer. Rol die deeg op die papier in ’n sirkel van sowat 30 cm in deursnee; gebruik meel oordeelkundig om te keer dat die rolstok aan die deeg vassit.

3 Versprei die sampioene, spek en olywe oor die middel van die deegsirkel, maar los ’n 4 cm-rand rondom oop. Eindig met ’n strooisel kaas.

4 Gebruik nou die bakpapier om die skoon deegrand na binne oor die vulsel te vou. Verf die rand met eier en bak vir sowat 40 minute tot goudbruin en gaar. Garneer met ’n strooisel mikrokruie of basilie as jy dit het vir kleur en geur en geniet warm of teen kamertemperatuuur.