1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die botter, broodkrummels, neute, pietersielie en suurlemoenskil.
2 Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en smeer met die olie. Sit 6 van die vissies met die velkant na onder op die plaat en verdeel die helfte van die krummelmengsel tussen die vissies. Sprei eweredig uit. Plaas nog ’n vissie bo-op elkeen, velkant weer na onder, en verdeel die res van die krummelmengsel tussen die boonste vissies. Geur met sout en peper en bak sowat 6 minute. Sit voor met suurlemoenwiggies en ’n tamatieslaai.