Deel

Sjokolade-tiramisu

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 35 minute
Porsies: 8
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 200 ml - sterk koffie, afgekoel
  • 30 ml - Kahlua of brandewyn (opsioneel)
  • - sowat 24 vingerkoekies
  • - sjokoladekrulle, kakao en vars kersies vir garnering
  • - VULSEL
  • 1 - sakkie (15 ml) poeiergelatien
  • 6 - eiergele
  • 60g (75ml) - strooisuiker
  • 2 x 250 g - mascarponekaas
  • 250 ml - room, styfgeklits
  • 100 g - donkersjokolade, gesmelt
Metode
Koffie en sjokolade is gemaak vir mekaar, en ’n skyfie van dié droomtert gaan harte steel!

1 Voer ’n groot broodpan uit met kleefplastiek. Meng die koffie en likeur en doop 8 van die vingerkoekies in die koffie; pak ’n lagie koekies onderin die voorbereide pan.

2 Maak die vulsel Roer 30 ml koue water by die gelatien in ’n bakkie en laat staan tot gespons. Smelt dit dan deur die bakkie in ’n groter bak kookwater te sit en versigtig te roer tot loperig. Klits die eiergele en suiker saam in ’n groot mengbak oor ’n kastrol met ’n bietjie kookwater in – dis belangrik dat die mengbak nie aan die waterraak nie. Sit nou die kastrolop die stoof oor lae hitte en klits tot dik en lig van kleur (sowat 5 minute). Haal van die hitte af en giet oor in ’n skoon mengbak. Roer die gesmelte gelatien en mascarpone by en vou laaste die stywe room ook in.

3 Giet die helfte van die romerige vulsel oor die eerste laag koekies in die pan en pak dan nog ’n laag gedoopte koekies daarop. Meng die gesmelte sjokolade by die oorblywende vulsel en giet bo-oor. Doop dadelik die laaste 8 koekies in die koffie en pak in ’n laaste lagie bo-op. Sit in die yskas tot gestol.

4 Om voor te sit, keer die tert uit op ’n mooi bord en verwyder die plastiek.Versier met ’n lagie gesiftekakao, sjokoladekrulle en bessies. 

Jongste uitgawe

Julie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees