1 Berei die vulsel deur die roomkaas, suiker, kakao, vanielje en sjokolade saam te klits tot net glad. Vou of klits laaste die room by tot net gemeng.

2 As jy ’n 30cm-koekpan het, kan jy die kaaskoek daarin saamstel. Indien nie, gebruik eenvoudig ’n koekstaander of -bord en pak ’n vryvorm-koek. Begin deur die eerste pakkie koekies styf teen mekaar in ’n sirkel onderin die koekpan of op die bord te pak. Skep ’n derde van die roomkaasmengsel op die koekies en smeer gelyk. Pak nog ’n laag sjokoladekoekies bo-op die vulsel, gevolg deur ’n laag vulsel; pak dan weer koekies en eindig met die laaste van die vulsel. Sit die koek in die yskas vir minstens 1 uur of tot gestol.

3 Gebruik ’n groenteskiller en sny sjokoladekrulle van die laaste plak sjokolade en versier die koek daarmee saam met die koekiekrummels.