1 Voorverhit die oond. Smeer ’n reghoekige oondbak of tertpan met botter en hou eenkant.

2 Klits die botter en eiers saam tot goed gemeng. Skep die sjokoladesmeer, gesmelte sjokolade en gemmer by die bottermengsel en klits weer tot net gemeng. Sif die bruismeel en kakao by en klits saam tot glad en gemeng. Skep die beslag in die voorbereide pan en smeer glad.

3 Sny die vet kant van elke peerkwart met ’n skerp messie in vier en rangskik bo-op die tert met die skyfies uitgesprei soos ’n waaier (druk dit effens in die beslag). Drup dan die heuning oor die pere en strooi die neute bo-oor. Bak vir sowat 45 minute; die koek moenie heeltemal droog bak nie. Haal uit die oond en laat staan minstens 15 minute. Sit voor met Griekse jogurt.