1 Maak die kors Sif die meel en suiker saam en vryf die botter met jou vingerpunte daarby in tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die eier by en meng met jou hande totdat die deeg bymekaarkom. Knie liggies tot net glad. Vorm die deeg in ’n plat skyf, sit dit in ’n lugdigte houer en laat rus vir 30 minute in die yskas.

2 Voorverhit die oond tot 180°C. Rol die deeg uit tot sowat 3 mm dik en net groter as die tertpan wat jy wil uitvoer. Lig die deeg versigtig tot in die pan en druk dit met jou vingerpunte teen die bodem en kante vas; sny enige ekstra deeg af. Prik die bodem met ’n vurk, vul met bakpapier en droëbone en bak die tertdop blind vir sowat 10 minute. Haal die bone en bakpapier uit en bak nog 5 minute.

3 Maak die vulsel Smelt die sjokolade en room saam tot glad. Klits die eier, suiker, likeur, nartjieskil en sout saam tot lig en donsig. Vou die sjokolade versigtig daarby in en skep in die blindgebakte kors. Bak vir 15–20 minute. Laat die tert 20 minute staan voor jy dit sny. Versier (as jy wil) met stroperige linte verglansde nartjieskil, vars nartjieskyfies en lepels vol crème fraîche.

Wenk Gebruik ’n koekiekrummel-en-botterkors as die tyd knyp, of koop klaar bereide brosdeeg as jy nie self die deeg wil maak nie.