1 Maak die marinade Rooster die heel speserye vir die marinade droog in ’n pan. Sit dit dan saam met die sout, borrie, vars brandrissie en knoffel in ’n vysel en stamp fyn. Meng die res van die bestanddele by om ’n pasta te vorm en smeer dit oor die vleis. Laat oornag marineer.

2 Maak die kerrie Vee die meeste van die marinade van die vleis af. Verhit die botter en olie saam tot die botter gesmelt is en verbruin die vleis alkante. Skep uit en braai die ui en mosterdsaad stadig saam in dieselfde pan tot sag en deursigtig (sowat 8 minute). Roer die vleis, tamatie, kerrieblare en enige orige marinade, asook 200 ml kookwater, by. Laat prut stadig vir 45 minute tot ’n uur tot dik en geurig. Sit voor met klapperrys, sambals en naan of poppadoms, en dié verkwikkende jogurt-raita.

Jogurt-raita

Skil en ontpit ’n komkommer en sny die vlees in klein blokkies. Besprinkel met sout en laat staan vir 20 minute in ’n vergie es oor die wasbak sodat die meeste vog kan dreineer. Druk droog. Meng dan met 350 ml volroomjogurt en geur met gekapte ment, vars koljander, suurlemoen- sap en varsgemaalde swartpeper na smaak. Sprinkel wit boontjiespruite oor vir ekstra krakerigheid.