1. Bak middelslag-tortillas in gesmeerde emalje- bakkies vir 8–10 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C tot bros en goudbruin, en vul dan met die souserige maalvleis. 

2. Braai die chorizo in die olie tot lekker bros. Proe ’n stukkie – sommige soorte is skerper as ander, so hou dit in gedagte wanneer jy die maalvleis later met speserye dokter. Voeg die maalvleis by en braai bruin (breek die vleis deurgaans met ’n spaan op).

3. Roer die tamatiepasta by en geur goed na smaak met sout en peper, die rissiepoeier en vars jalapeñorissies. Voeg nou ook die tamaties, boontjies en bier by. Laat prut oor matige hitte vir sowat 45 minute. Roer die koljander by, proe ’n laaste keer vir speserye en skep in die vars tortillas met guacamole, jogurt, vars tamatie en ingelegde jalapeñoskyfies na smaak. Smul dadelik.