Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

Bestanddele

• 4 varkvleisrepe (rashers), buitenste velletjies deurgeknip om te verhoed dat dit opkrul

• 15 ml olie

• 2 preie, gekap

• 1 rooi soetrissie, gekap

• 250 ml jasmynrys

• 5 ml paprika

• 100 ml witwyn (opsioneel)

• 1 blik tamatie

• 250 ml groenteaftreksel

• 100 g swart olywe, ontpit

• 30 ml platblaarpietersielie, gekap

Só maak jy ...

1 Verhit die olie in ’n dikboompan met ’n styfpassende deksel en braai die varkrepe – vetkant eerste – vir ’n paar minute tot bruin. Seël die vleis vining aan albei kante en skep dit uit. Braai die preie en soetrissie vir ’n paar minute tot glansend. Roer die rys en paprika by en roerbraai tot deurgemeng.

2 Giet die wyn by en kook vir 3 minute. Roer die tamatie, aftreksel en olywe by en skep die vleis terug in die pan. Geur goed met sout en peper en pietersielie, sit die deksel op en stowe tot die rys en vark gaar is (sowat 25-35 minute).