Spek-en-hoenderpastei

akkreditasie
Bereidingstyd: 45 minute
Porsies: 1 pastei
Gaarmaaktyd: 1 uur
Bestanddele
  • 2 - lourierblare
  • 500–750ml - aftreksel
  • sowat 15–30 ml - soet rissiesous (opsioneel)
  • 30ml - botter
  • 30 ml - meel
  • 250 ml - room
  • 125 ml - gekapte platblaarpietersielie
  • 400 g - spinasie, geblansjeer en gekap
  • 5 ml - gerasperde suurlemoenskil
  • 2 - mediumgroot wortels, geskil en gekap
  • 15 ml - olie
  • 2 - selderystingels, gekap
  • ’n knippie - neutmuskaat
  • 9 - saggekookte eiers, afgedop
  • 400 g - blaardeeg
  • 1,2 kg - hoenderstukke (minstens 2 borsies)
  • 400 g - spekrepe
  • 250 g - sampioene, skoongevee en gekap
  • 3 - preie, gekap
Metode
Pleks van ’n deegdop kry dié pastei ’n spekbolaag en heel eiers binne-in. Die pastei is lekker vir ontbyt, laat-ontbyt, middag- óf aandete.

1 Braai die hoenderstukke bruin in die olie. Skep dit dan in ’n pot met die wortels, seldery, lourierblare en aftreksel. Bring tot kookpunt en laat prut rustig vir sowat 25 minute tot gaar. Dreineer (behou die aftreksel), laat effens afkoel en pluis. Gooi die vel en been weg.

2 Skep die botter in dieselfde pan waarin die hoender gebraai is en braai die sampioene en preie tot gaar en geurig. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en roer die meel by. Braai vir ’n minuut. Klits nou die room en 250 ml van die behoue aftreksel by en laat prut tot verdik. Roer die spinasie, suurlemoenskil, pietersielie en neutmuskaat by en laat afkoel. Roer die hoender by.

3 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n diep vierkantige koekpan (23 cm) uit met die blaardeeg (rol dit effens dunner indien nodig). Plaas ’n vel bakpapier op die deeg, skep droë boontjies bo-op en bak blind vir sowat 25 minute. Verwyder die bakpapier en boontjies en bak vir nog ’n paar minute tot lekker bruin – so verseker jy ’n bros kors.

4 Skep die hoendervulsel in die deegdop en rangskik die eiers tussen-in as verrassing wanneer jy die pastei sny. Weef nou die spekrepe in ’n stywe ruitpatroon en sit dit bo-op die pastei; vou dit oor die vulsel en om die rande in eerder as om enige spek wat oorsteek, af te sny. Die spek gaan krimp terwyl die tert bak, daarom moet dit aanvanklik groter wees.

5 Verf die soet rissiesous oor die spek en bak die pastei vir sowat 25 minute of tot die spek mooi bruin en die pastei deurwarm en gaar is. Sit dadelik voor.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees