Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

vinnige-pasta-main

Bestanddele:

• 400 g spaghetti

• 15 ml olie

• 12 repies spek

• 1 rooi rissie, ontpit en gekap

• 50 ml kappertjiesaad

• 10 ontpitte swart olywe

• 1 blik gekapte tamaties

• 100 ml room (opsioneel)

• vars kruie vir garnering

1. Kook die pasta in soutwater volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente.

2. Verhit die olie in ’n pan en braai die spek tot lekker bros, voeg die res van die bestanddele by en verhit dit tot deurwarm. Meng warm deur die pasta en sit dit voor met slaai en ’n sprinkel vars kruie.

KOS-footers-2