1. Braai die blokkies spek stadig oor matige hitte tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier en behou die vet in die pan (jy het sowat 45 ml nodig; skep die res uit).

2. Braai nou die uie, knoffel, brandrissie en mosterdsaad saam in die spekvet tot geurig (sowat 10 minute). Die uie moet net-net begin kleur kry.

3. Roer die sjerrie by en skraap al die los stukkies van die bodem van die pan af. Kook die vloeistof met die helfte af. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Roer die behoue spek terug en kook tot dik en stroperig (sowat 10 minute). Roer gereeld om te keer dat dit aanbrand.

4. Skep die smoor in ’n gesteriliseerde fles, seël en laat afkoel. Sit dit oornag in die yskas dat die geure kan trou.