1. Sit die gespoelde stampmielies in ’n groot bak en bedek met kookwater. Laat staan vir 8 uur. Spoel die mielies weer af tot die spoelwater helder is en keer dit uit in ’n groot pot. Bedek weer met kookwater en bring tot kookpunt. Draai die hitte af tot laag en laat prut vir 20 minute met die deksel op. Spoel weer met koue water. Herhaal en laat prut weer vir 1 uur. Roer af en toe.

2. Smelt die botter in ’n pot en braai die spek en ui saam tot ligbruin en geurig. Roer dit by die stampmielies in die pot en geur met sout en peper. Vul die water aan om weer alles mooi te bedek en laat prut vir 45 minute tot al die water verdamp en die mielies sag is. Sit warm voor.