Oondtemperatuur: 180 °C

1 Rol die vleis in die meel, speserye en kruie. Verhit die olie tot warm in ’n groot kastrol en braai die vleis in sarsies tot mooi bruin; hou die vleis en enige orige meel eenkant. Braai nou die ui, wortel en seldery in dieselfde pot tot glansend. Roer die knoffel, tamatiepasta en peperkorrels by en roer vir ’n halwe minuut. Voeg die bier by en kook vir 2 minute terwyl jy enige stukkies op die bodem van die pot losskraap.

2 Skep die vleis, die aftreksel en die orige meel in die sous en laat prut rustig met die deksel op vir sowat 2 uur of tot die vleis smeltsag en die sous weelderig is. Roer die ertjies en patat by die pasteivulsel, geur na smaak met sout en verdeel tussen vier oondvaste bakkies.

3 Voorverhit die oond. Meng die meel, jogurt en roosmaryn goed. Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie liggies tot net glad. Moenie onnodig knie nie, want dan raak dit moeiliker om uit te rol. Verdeel die deeg in vier ewe groot stukke en rol elkeen uit in ’n sirkel wat die bokant van ’n pasteibakkie sal bedek. Verf die deegrand aan die onderkant met eier en druk dit op die rand van elke bakkie vas. Maak ’n stoomgaatjie in die deeg en verf oraloor met eier. Bak die pasteitjies vir 25–30 minute totdat die deeg goudbruin en gaar is.

Wenk Die pastei smaak nog lekkerder as jy die vulsel die vorige dag al berei.

* As jy nie die patat wil rooster nie, voeg dit die laaste 10–15 minute by die sous om gaar en sag te kook.