Steurgarnaal-pangrattato

akkreditasie
Bereidingstyd: 45 minute
Porsies: 4–6
Gaarmaaktyd: 24 minute
Bestanddele
  • 5 ml - droë rissievlokkies (of na smaak)
  • 2 - vinkelbolle, in fyn skywe gesny
  • 400 ml - visaftreksel
  • 12 - Kalamata-olywe
  • 2 - takkies origanum
  • 2 - knoffelhuisies, in fyn skywe gesny
  • 1 - vars rooi brandrissie
  • 45 ml - tamatiesous
  • 1 - knoffelhuisie, met ’n teelepel sout fyngedruk
  • - VIR DIE STEURGARNALE
  • 32 - steurgarnale (middelslag tot groot)
  • - skil van 2 suurlemoene
  • - ’n hand vol Italiaanse pietersielie, gewas, gedroog en grofgekap
  • 100 g - botter
  • 3 - ryp tamaties, die sagte binnekant verwyder
  • 6 - snye ou suurdeegbrood
  • - PANGRATTATO
  • - ekstrasuiwer olyfolie
  • 45 ml - ekstrasuiwer olyfolie
  • 1 - suurlemoen, in skywe gesny
  • 7,5 ml - vinkelsaad
Metode
Dié heerlike resep is aangepas uit Florence Knight se resepteboek One – ’n moet vir jou versameling!

1. Maak die pangrattato Skeur die brood in groot stukke en pols in ’n voedselverwerker tot growwe krummels vorm. Ontpit die rissie en kap fyn. Pluk die origanum se blare af en kap rofweg.

2. Gooi die olyfolie in ’n swaarboompot en braai die knoffel en rissie liggies (maak seker dit brand nie); vou dan die broodkrummels in. Braai die krummels sowat 2 minute en roer deur tot dit bros en goudbruin is. Voeg die origanum en suurlemoenskil by, en geur met sout en swartpeper. Roer alles deur en dreineer op kombuispapier.

3. Maak die steurgarnale Sny die dop langs die rugkant oop (maar los die stertjie aan) en haal die swart dermpie uit. Jy kan besluit of jy die dop wil aanhou. Bedek en sit in die yskas.

4. Smelt die botter in ’n swaarboompot met ’n deksel oor lae hitte. Wanneer dit begin skuim, voeg die vinkelsaad by en kook vir ’n minuut voor jy die vinkelskywe byvoeg. Sit die deksel op en laat die vinkel sowat 10 minute oor lae hitte braai tot dit begin karamelliseer. Voeg dan die knoffel en rissievlokkies by. Laat die knoffel ’n rukkie prut en voeg ’n bietjie water by sodat die vinkel stoom en effens sag word. Roer die tamatiesous, aftreksel en tamaties by, draai die plaat hoër en laat die sous vir 5 minute vinnig kook.

5. Voeg die pietersielie (hou ’n bietjie eenkant vir garnering), garnale en olywe by die pot en meng deur. Sit die deksel op en laat dit 3–4 minute oor matige hitte saam prut – moet dit nie langer laat kook nie; oorgaar steurgarnale is glad nie lekker nie. Om af te rond, sprinkel jou beste olyfolie oor, geur met maldonsout en swartpeper en strooi die pangrattato-krummels oor. Garneer met die suurlemoenskywe. 

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees