Steurgarnaalpasta

akkreditasie
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 2
Gaarmaaktyd: 10–15 minute
Bestanddele
  • - gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 15 ml - matige kerriepoeier
  • 12 - groot steurgarnale, dermpies verwyder
  • 1 - duim gemmer, geskil en fyngekap
  • - ’n hand vol vars basilie of koljander, rofweg geskeur
  • 6 - pruimtamaties, grofgekap
  • 15 ml - elk botter en olie
  • 2 - knoffelhuisies, geskil en fyngekap
  • 1 - klein brandrissie, ontpit en fyngekap
  • 150–200g - linguinepasta, gekook tot al dente
Metode
Dié ryk pasta is bedoel vir twee. Kies ’n tafelmaat wat nie huiwer om handgemeen te raak met sy of haar aandete nie. (Jy kan natuurlik ook die garnale afdop as jy verkies.)

1 Verhit die botter en olie saam in ’n pan tot die botter begin skuim en voeg dan die steurgarnale by. Braai tot helderpienk aan die een kant. Draai die steurgarnale om en voeg die brandrissie, gemmer, knoffel, kerrie en tamaties by. Roerbraai saam vir ’n paar minute tot geurig. Die steurgarnale sal oraloor mooi pienk word en die sous grof en geurig.

Voeg nog ’n skeut olyfolie of selfs room by as jy dekadent voel; geur met sout en varsgemaalde swartpeper en roer die warm pasta deur die growwe sous. Skep dadelik op in twee borde en strooi die suurlemoenskil en vars kruie oor.

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees