1 Vorm eerste die roomys in ’n bal en sit dit in die vrieskas om goed hard te word. Hoe harder die roomysbal, hoe langer sal jou pronkstuk mooi bly op die tafel. Onthou net, die roomys moet hard wees, maar steeds gesny kan word. Gebruik jou oordeel.

2 Meng die koekiekrummels en botter saam en voer ’n tertbak daarmee uit sodat dit ’n dun kors vorm. Bak vir 5 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 °C om ’n bros resultaat te verseker; laat dan effens afkoel.

3 Maak die vulsel deur die eiergele en kondensmelk te klits tot gemeng. Voeg die suurlemoensap by en klits tot dik. Giet in die voorbereide kors en bak vir sowat 25–30 minute of tot net ferm. Haal uit die oond en laat afkoel. Die tert moet goed koud wees as jy die roomystruuk wil uithaal.

4 Vir die meringue, klits die eierwitte, suiker en kremetart saam in ’n groot mengbak oor ’n kastrol met ’n bietjie kookwater in – dis belangrik dat die mengbak nie aan die water raak nie. Onthou Die stoom sal die mengbak warm maak – hou dus ’n vatlap byderhand. Sit nou die kastrol op die stoof oor lae hitte en klits die mengsel met ’n elektriese klitser tot die meringue dik en glansend is (sowat 10 minute). Haal van die hitte af en klits verder tot die mengsel koud is.

5 Stel die tert saam wanneer jy amper reg is om dit voor te sit. Sit die roomysbal in die middel van die tert en bedek die roomys heeltemal met die gaar meringue. Gebruik ’n blaasvlam om dit reg rondom ligbruin te rooster, en sit voor.