1 Meng die koekiekrummels met genoeg botter om die krummels aan mekaar te laat kleef en voer ’n tertbak daarmee uit sodat dit ’n dun kors vorm. Maak seker dis eweredig versprei en nie dikker in die hoekies nie. As jy wil, bak dit vir 5 minute teen 180 °C in ’n voorverhitte oond om ’n bros resultaat te verseker en laat dan heeltemal afkoel. Hou dit andersins ongebak in die yskas tot nodig.

2 Roer 30 ml koue water by die gelatien in ’n bakkie en laat staan tot gespons. Smelt dit dan versigtig deur die bakkie in ’n groter bak kookwater te sit en versigtig te roer tot loperig.

3 Klits die eiergele saam met die helfte van die suiker tot dik en donsig. Klits ook die eierwitte en sout in ’n aparte mengbak tot sagte punte vorm en klits dan die orige suiker lepel vir lepel by tot dik en glansend.

4 Om saam te stel, begindeur die gelatien, suurlemoen-sap en -skil by die eiergeel-mousse in te vou, gevolg deur die stywe room. Roer ’n lepel vol van die eierwit by om die mengsel los te maak en vou dan die res versigtig in. Skep nou die veerligte mousse in die voorbereide kors en laat staan vir ’n paar uur in die yskas tot gestol. Geniet die tert net so of dollie dit op met jou keuse van geklopte room of Griekse jogurt, vars vrugte, ment en eetbare blommetjies. 

Alternatief

Skep die vulsel in mooi glase met koekiekrummellagies tussen in en ’n skep geklopte room bo-op.