1. Rol die kaasskyfies in die meel en skud die oortollige meel af. Smelt die botter en olie saam in ’n dikboompan en braai die kaas tot alkante goudbruin. Skep uit, maar behou die botter in die pan.
2. Verhit die tamatie en bone saam in die botter. Geur met die speserye en sout en peper na smaak. Breek nou die eiers versigtig in die tamatiesous (probeer dit spasieer – twee eiers per kwart – of gebruik individuele pannetjies), draai die hitte laag, sit die deksel op en laat prut vir 5-8 minute of tot die eiers gaar is.
3. Strooi die vars kruie oor en sit voor met die haloumi-vingers en, as jy wil, roosterbrood.