Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

• 1 ui, gekap

• 10ml olyf- of avokado-olie

• 1 duim gemmer, geskil en gerasper

• 3 vet knoffelhuisies, gekneus

• 1 groen brandrissie, ontpit en gekap

• 5ml elk fyn komyn, koljander en borrie

• 2 blikke lensies

• 2 blikke heel, geskilde tamaties

• 400 ml hoenderaftreksel

• 1 Franse brood, in skywe gesny

• knoffelbotter

• ryp avokado’s, fyngedruk

1. Braai die ui in die olie tot glansend. Voeg die gemmer, knoffel, rissie en speserye by en braai vir nog ’n minuut tot geurig. Roer die lensies en tamaties by en laat prut vir  3 minute – breek die tamatie op met ’n spaan terwyl jy aanhoudend roer.

2. Voeg die aftreksel by en geur na smaak met sout, peper en ’n knippie bruinsuiker; laat prut vir 20 minute. Smeer die brood met knoffelbotter en rooster dit. Skep avokado op elke broodjie en sprinkel sout en peper oor.