1. Verhit die olie in ’n kastrol. Roerbraai die uie, knoffel, brandrissies en gemmer tot sag en geurig. Voeg die speserye by en roerbraai vir sowat 2 minute.

2. Meng die tamarynpasta met ’n bietjie warm water en voeg by. Voeg ook die tamaties en vars koljanderblare by. Roer deur en voeg die hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt en laat prut vir sowat 10 minute. Maak in ’n voedselverwerker fyn tot glad.

3. Roer die lensies by en verhit tot deurwarm. Sprinkel vars koljanderblare oor en sit voor.