Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

Bestanddele

  • 15 ml olie
  • 8 repe swoerdlose spek, gekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 wortels, fyngekap
  • 2 stingels seldery, fyngekap
  • 1 rooi brandrissie, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 250 ml rys
  • 1 blik tamaties
  • 750 ml groenteaftreksel
  • 1-2 ryp avokado’s, in dun skyfies gesny

1 Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die spek tot bros. Skep uit en hou eenkant, maar behou 15 ml uitgebraaide vet in die pan. Braai nou die groente en knoffel daarin tot glansend. Voeg die rys by en roer tot al die korrels met olie bedek is.

2 Voeg die blik tamatie by en braai vir ’n minuut of twee, en roer die aftreksel by. Laat prut oor lae hitte tot die rys deurgaar is, maar nie pap nie. Geur met sout en peper en sprinkel die spek oor. Plaas die avokadoskyfies bo-op en sit voor met ’n sprinkel gekapte pietersielie, koljanderblare of jogurt.