1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer twee vierkantige 23 cm-koekpanne uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei.

2. Sit die eiergele en suiker saam in ’n mengbak en klits driftig vir 10 minute. (Ja, 10 minute!) Voeg die olie en water by, gevolg deur die droë bestanddele; roer vinnig tot net gemeng. Klits die eierwitte tot styf (nie droog nie) en vou dit by die beslag in.

3. Verdeel die beslag tussen die twee panne en bak vir sowat 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat op ’n draadrakkie afkoel.

4. Maak die versiersel Klits al die bestanddele saam in ’n groot metaal- of glasmengbak oor ’n kastrol met ’n bietjie kookwater in – dis belangrik dat die mengbak nie aan die water raak nie.

LW Die stoom sal die mengbak warm maak, hou dus ’n vatlap byderhand. Sit nou die kastrol met mengbak op die stoof oor lae hitte en klits die mengsel aanhoudend met ’n elektriese klitser tot sagte punte vorm (sowat 10 minute) en verwyder dan van die hitte. Klits tot die bak afgekoel het, anders kan die meringue skif.

5. Stel saam Smeer ’n lagie karamel oor albei koeke. Skep ’n dun lagie meringueversiersel oor die onderste koek en plaas die ander koek bo-op. Spuit of smeer die res van die versiersel bo-op en rooster liggies met ’n blaasvlam oraloor. Smul dadelik en volg tannie Annatjie se raad: “Eet alles op!”