Oondtemperatuur: 230°C

Marineer die vleis in karringmelk. Bedek met kleefplastiek en sit oornag in die yskas. Druk die vleis droog en sny in 25 mm-blokkies. Gooi die karringmelk weg.

2 Braai die spek in die botter. Braai die gekapte ui in dieselfde kastrol tot sag en voeg die knoffel by. Sit die spek by. Voeg ’n bietjie olie by en braai die lskenkels in dieselfde kastrol tot goudbruin.

Bedek die wildsvleis met koekmeel en braai ’n paar stukkies op ’n keer tot goudbruin. Voeg die lamskenkels, spek en uie by die wildsvleis in die kastrol. Geur met sout en swartpeper en voeg dandie heel ui met naeltjies by. Voeg ook die lourierblare en koljander by, gevolg deur die verhitte aftreksel en rooiwyn.

4 Verhit tot kookpunt, verlaag die temperatuur en bedek met ’n styfpassende deksel. Laat prut vir 3-4 uur of totdat die vleis van die bene afval. Indien nodig,vul die vloeistof aan met aftreksel of rooiwyn. Laat afkoel en verwyder bene en ui. Vlok die vleis. Prut tot die sous dik is en die meeste van die vloeistof weggekook het. Geur en laat afkoel.

5 Skep die vleis in ’n groot pasteibak. Bedek met skilferdeeg en versier met deegrepies. Prik die deeg met ’n vurk. Verf die deeg met geklitste eier en bak vir 15 minute. Verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak nog 30-35 minute.