1 Verhit ’n groot oondvaste pan en giet die olie daarin. Braai die ui, knoffel en ansjovis totdat die ui glansend en sag is. Roer die olywe, pietersielie en rissie by. Roerbraai ’n paar minute en roer dan die kappertjiesaad by; braai tot bros. 

2 Voeg die tamatiepuree, geblikte tamaties en suurlemoensap by. Spoel ’n tamatieblik uit met sowat 125 ml water en voeg dit ook by die sous. Laat prut sowat 5 minute. Sit intussen soutwater in ’n kastrol op die stoof om die pasta in te kook. 

3 Roer die tuna en die room by die sous en verwarm oor lae hitte sonder dat dit kook. Geur na smaak met sout en peper. 

4 Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking tot amper al dente (sowat 8 minute). Dreineer en meng deur die sous in die pan. Voorverhit die oond se roosterelement. 

5 Strooi die kaas oor die pasta en druk die pan vir ’n paar minute onder die roosterelement totdat die kaas smelt (niks meer as 5 minute nie, anders word die pasta oorgaar). Sit dadelik voor.