1. Smelt die botter en .olie in ’n groot pot en braai die hoender daarin tot bruin. Skep uit en roer die uie in die geurige olie tot al die stukkies daarmee bedek is. Sit die deksel op en laat stoom stadig vir sowat 10 minute. Voeg die knoffel en kruie by en braai nou sonder die deksel op vir nog ’n goeie 20 minute sodat die uie stadig maar seker kan karamelliseer. Hou dit dop en roer gereeld.

2. Strooi die meel by en roer deur. Klits die water by (dit keer dat daar klonte vorm), skep die hoender terug in die pot en laat prut stadig vir sowat 30–45 minute of tot die hoender gaar en die sop geurig is. Skep die hoender uit (gebruik dit vir iets anders). Proe nou die sop en geur na smaak met sout en peper. Roer die port by.

3. Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster onder ’n roosterelement tot bros alkante. Strooi die kaas oor en rooster totdat die kaas borrel. Skep die sop stomend warm in bakkies, met die roosterbroodjies bo-op. Smul dadelik.